Koshuise en Bus Roetes

Koshuise en bus roetes

Lees meer oor die koshuise en bus roetes in die aangehegte dokumente.

Koshuis Algemene Inligting

koshuise 

KOSHUISDOELSTELLINGS

Die koshuis vorm ‘n integrale deel van die skool en hul taak moet dus gesien word as ‘n voortsetting van die onderwys-  sowel as die opvoedingsfunksie van die skool.                                                  


In die opvoedingstaak kan die koshuise die ouerhuise nooit vervang nie, dog die gesamentlike strewe moet wees  om so na  as moontlik aan die ideale situasie te kom. Die natuurlike ouer-kind-verhouding word as grondslag gebruik om 'n gesindheid van onderlinge begrip en vertroue te skep.

 

Die daarstelling van ‘n huislike, ontspanne, dog gedissiplineerde atmosfeer moet geskep word sodat die vorming tot volwaardige burgerskap sy belang hier kan vind. Die waardes en normes te kweek wat  gefundeer is op etiese beginsels en Christelike standvastigheid. Die koshuis sal nooit die ouerhuis in wese kan vervang nie, daarom word naweke oopgestel vir leerders, om waar moontlik, na hulle ouerhuise te gaan.